Local news

Hotelskool leerders leer meer oor koffie

Brigid Jaucot van Wiesenhof Coffee Roastery het interessante inligting met die leerders gedeel.

Wiesenhof Coffee Roastery het die Hoër Volkskool hotelskool op 22 Augustus besoek.

Die doel van die besoek was om die Graad 10 leerders in te lig oor koffie en die brouery daarvan.

Koffie brouery is een van die vakke wat by die hotelskool aangebied word.

Brigid Jaucot van Wiesenhof Coffee Roastery het interessante inligting oor die maak van koffie, asook van die oorsprong daarvan met die leerders gedeel.

Na die tyd het die leerders elk hulle beurt gekry om fynproewer te speel met die proe van die koffie.

Related Articles

Back to top button