Suikerbos inwoners se verjaarsdae word gevier

Ere lidmaatskap is ook toegeken aan die inwoners van die oord.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak het op 23 Augustus Suikerbos Aftreeoord se bejaarde inwoners, wat die afgelope tyd 80 jaar en ouer geword het, bederf.

Tydens die byeenkoms het Riana van Jaarsveld van Helpende Hand die bejaardes toegespreek.

Riana van Jaarsveld het die bejaardes toegespreek.

“Ons het ‘n sagte plek vir die kinders en bejaardes in die gebied,” het sy gesê.

“Ons as mense kan beslis by die bejaardes iets leer.

Sandra Taljaard het die verrigtinge op die gepaste wyse geopen.

“Julle is almal gesiene burgers in die gemeenskap en het vol lewens gelei. Moet nie ophou om jul wysheid met ons te deel nie,” het Van Jaarsveld bygevoeg.

Patricia Meyer, voorsitter van Helpende Hand Heidelberg-tak het gesê dat dit ‘n voorreg is vir Helpende Hand om die inwoners van Suikerbos Aftreeoord wat 80 jaar en ouer is erelede van Helpende Hand te maak.

Patricia Meyer, voorsitter van Helpende Hand Heidelberg-tak het ook ‘n boodskap aan die bejaarde inwoners oorgedra.

Die lede wat met hulle verjaarsdae 80 jaar en ouer geword het en ook ere lidmaatskap ontvang het, is:

Hilda Wessels, Meisie Arndt, Marle Barrett, Kotie Basson, Agatha Basson, Alta Bester, Borrie Bornman, Elsje Bornman, Lenie Boshoff, Dirk Botha, Lena Britz, Hetta Cloete, Alma Cronje, Chris de Jager, Ansie de Kok, Gerrie de Meyer, Petrus de Villiers, Andrew de Waal, Miemie du Toit, Lettie Engelbrecht, Amy Fouche, Kobus Fouche, Francois Furstenburg, Norton Gillespie, Marthie Greyling, Duifie Griffin, Colin Grung, Martie Halgryn, Bettie Holl, Sue Kotze, Babsie Kriel, Bertha Kruger, Christine Kruger, Hannetjie Kruger, Marthie Lourens, Charlotte Maloney, Ian Meikeljohn, Adeline Moffat, Casper Odendaal, Lizz Potgieter, Ria Robertson, Erwin Schultz, Beryl Senior, Annette Steyn, Anina van den Berg en Wilma van der Merwe.

Die Rensburg VLU het die bejaardes na afloop van die formaliteite bederf met heerlike eetgoed.

Marlene Walkden, maatskaplike werker by Suikerbos Aftreeoord het al die rolspelers bedank.
Exit mobile version