Nigel bobaas teen Meyerton

Beide Nigel se spanne het deurgedring na die halfeindstryd.

Nigel Rugbyklub het op 24 Augustus in hulle voorlaaste Valke Merlin Liga wedstryd teen 2023 se wenners, die Meyerton Knights te staan gekom.

Die wedstryde was in Meyerton beslis.

Nigel, wat eerste is op die Merlin liga punteleer, het die Meyerton Knights met 42-31 geklop en hiermee hulle stand op die punteleer versterk.

Nigel het met goeie aanvalwerk verseker dat Meyerton Knights tweede viool gespeel het.

Daar was vyf drieë, vier suksesvolle doelskoppe en drie strafdoele wat tot Nigel se punte uitgeloop het.

Drieë: Simphiwe Jange (1), Frikkie Jansen (2), Lwazi Jamani (1) en Rhys Thompson (1). Doelskoppe: Lincoln Baaitjies (4). Strafdoele: (3)

Die speler van die wedstryd was Frikkie Jansen.

Nigel se tweede span het Meyerton Knights se tweedes met 38-5 afgeransel.

Nigel se punte was aangeteken soos volg:

Drieë: Christo de Beer (1), Ruan Claassens (2), Johan Groesbeek (1), Nicky Glad (1) en Lian Pelzer (1) en doelskoppe Handerik Deyzel (4).

Die speler van die wedstryd was Ruan Nell.

Nigel speel op 31 Augustus in hulle laaste liga wedstryd teen Benoni. Die wedstryde sal in Benoni gespeel word.

Beide Nigel se spanne het deurgedring na die halfeinstryd.

Exit mobile version