Kleuters in hul noppies oor boeke

Die jongspan het elkeen drie boeke ontvang.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het op 15 Augustus verskeie kleuterskole besoek om leesboeke aan die kleuters te oorhandig.

Die jongspan het elkeen drie boeke ontvang.

Die kleuterskole wat besoek was, was Vissies Pre-Primêre Skool, Pienkie Ponkie, Chompies, Wikkelwurms, Bambino, Kleuterzone, Houtkapper speelgroep, Tjokkers en SAVF Heidelberg.

Die leesboeke was geskenk deur Bookdash met die tema “It’s my Book – Will read it” van die Ngizoyfunda-projek.

Patricia Meyer, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak met van die boeke wat geskenk was aan kleuters.

“As vroeë kinderontwikkeling ondernemers is dit die onderwysers en persone in beheer se verantwoordelikheid om ‘n liefde vir boeke by die kinders wakker te maak,” het Bawelile Rose Mthembu van die Ngizoyfunda-projek gesê.

Mthebu het ook vir Patricia Meyer, voorsitter van die Heidelberg-tak en haar span wat gehelp het om die boeke uit te deel bedank.

Die kinders was almal in hulle noppies met die boeke wat hulle ontvang het en kon nie wag om te begin lees nie.

Exit mobile version