Berge tem Kempton Wolwe

Berge se seisoen is besig om einde se kant toe te staan.

Heidelberg Rugbyklub het op 24 Augustus in ‘n weg wedstryd teen die Kempton Wolwe te staan gekom.

Heidelberg het ‘n gekombineerde span saamgestel wat spelers van die eerste en tweede spanne ingesluit het.
Berge het die wedstryd 19-14 gewen.

Die punte is aangeteken deur drie drieë en twee geslaagde doelskoppe.

Heidelberg se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Ruaan Viljoen (1), Nantus Mouton (2) en doelskoppe: Ruaan Viljoen (2).

Die speler van die wedstryd was Nantus Mouton, wat ook Heidelberg se nuwe kaptein is.

Heidelberg Rugbyklub speel hulle volgende Merlin Liga wedstryd op 31 Augustus teen Elsburg Rugbyklub op die Bosman Stadion.

Die wedstryd sal die laaste ronde wedstryde in die liga bepalings wees.

Exit mobile version