Volkskool rugbyspan wen Noordvaal

Elke speler het sy kant gebring om die oorwinning te beklink.

Die Hoër Volkskool o16A rugbyspan is Noordvaal kampioene.

Volkskool se rugbyspanne het in die skild afdeling van die Noordvaal Liga gespeel en die o16A span was die enigste span wat deurgedring het na die finaal.

Volkskool het in dié kragmeting teen die Hoërskool Pietersburg te staan gekom.

Die wedstryd was deurgaans baie gelykop gewees, maar Volkskool se spelers het die knoop deurgehaak en Pietersburg 17-14 verslaan, om kampioene gekroon te word.

Dit is die derde opeenvolgende jaar dat die span as wenners van die liga wegstap.

Die speler van die wedstryd was Jaco Botha.

Exit mobile version