Local newsMunicipal

Treffende foto’s geneem deur klublede

Die klub se volgende byeenkoms is op 11 September.

Die Heigel Fotoklub het op 15 Augustus hul maandelikse vergadering gehad.

Tydens die vergadering is Julie en Augustus se foto’s, wat ingeskryf was, bespreek waarna die wenfoto’s vir die twee maande aangewys is.

Daar was ongeveer 50 foto’s ingeskryf.

Julie se beste junior, driekop Kameelperd is geneem deur Hannelie Jacobs.

Die wenners van die twee maande is:

• Julie:

Beste algehele foto: Clarens Star Trails deur fotograaf Dawie de Villiers.

Beste junior foto: Driekop Kameelperd deur fotograaf Hannelie Jacobs.

Augustus se beste junior foto, Bruinkop Visvanger, is deur Hannelie Jacobs geneem.

• Augustus:

Die tema vir Augustus was ‘lo key’ fotografie in kleur.

Beste voorgeskrewe tema (lo key) was Looking at you deur fotograaf Eugene Viljoen.

Beste algehele foto wenner was Rinkals deur fotograaf Dawie de Villiers en die beste junior foto Bruinkop Visvanger deur fotograaf Hannelie Jacobs.

Augustus se beste voorgeskrewe tema, lo key, wenner is Looking at you, geneem deur Eugene Viljoen

• Bevorderings:

Tydens die vergadering was die bevorderings van verskeie van die fotograwe ook deurgegee.

Een ster na twee ster: Hannelie Jacobs; twee ster na drie ster: Hennie Combrink; drie ster na vier ster: Eugene Viljoen; vier ster na vyf ster: Dawie de Villiers, meester silwer na meester goud: Carin du Preez en Marissa Enslin.

Die temas vir die res van die jaar is as volg: September – minimalisties (kleur), Oktober – tafelblad fotografie (kleur) en November – bokéh (kleur).

Persone wat by die klub wil aansluit of meer inligting wil bekom, kan die voorsitter Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Heigel Fotoklub lede ontmoet weer op 11 September.

Augustus se beste algehele foto, Rinkals, is deur Dawie de Villiers vas gevang.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button