Volkskool sportsterre vaar uitstekend

Volkskool leerders maak die skool trots.

Rugby- en netbalspelers van die Hoër Volkskool het die afgelope tyd goed gevaar op die baan en veld.

Netbal

• Twee netbalspelers het tydens die Bokkie Week gedurende die afgelope vakansie in Kroonstad die keurders laat regop sit.

Laché Collen is vir die Duikerspan gekies wat in die Kaap gaan speel.

Alexia Conte en Laché Collen het altwee in die o14 ouderdomsgroep deelgeneem.

Beide is gekies vir die Duikerspan wat ‘n toer na Kaapstad toe sal meemaak. Die toer is vanaf 15 tot 21 September.

Alexia Conte is gekies vir die Duikerspan wat na Kaapstad gaan toer.

• Volkskool se netbalspanne het in die Fast5 reeks teen verskeie spanne te staan gekom.

Die uitslae is: o15 Volkie Hot Shots 5 – Dr Malan 24, Volkie Hot Shots (2) 18 – Dr Malan 8, Volkie Divas 23 – Driehoek 10, Volkie Divas 40 – Overvaal 4.

o17: Volkie Terrors 24 – Vereeniging Gimmies 2, Volkie Terrors 25 – Dr Malan 14.

Rugby

Volkskool se o15A en o16A rugbyspanne het aan die Noordvaal Skild halfeindstryd deelgeneem.

Beide spanne het teen Ben Vorster se spanne te staan gekom.

Die o15A het 12-16 verloor.

Die o16A span op hulle beurt vir Ben Vorster met 43-12 kafgedraf.

Die o16A Volkie span het op 24 Augustus in die finaal gespeel.

Volkskool o15 rugbyspan het in die halfeindstryd teen Ben Vorster gespeel.
Exit mobile version