Hoër Volkskool wys hoofleiers vir 2025 aan

Die vaandel is oorgegee aan die nuwe leiers.

Die Hoër Volkskool se hoofleiers vir 2025 is onlangs aangewys.

Die huidige hoofleiers Wentzel en Hester Rossouw het die vaandel aan die nuwe leiers oorhandig.

Volkskool hoof- en onderleiers. Agter: JV Badella, Ruben Basson en Barend Papenfus. Middel: Inge Boshoff, Jane Wepener, en Lune Wepener. Voor: Biehan Wepener en Karin Venter.

Karin Venter is die hoofmeisie vir 2025 en die hoofseun is Biehan Wepener.

Die onderhoofleiers is Barend Papenfus en Lune Wepener (kultuur), Ruben Basson en Jane Wepener (akademie) en Inge Boshoff en JV Badella (sport).

Volkskool 2024 se hoofleiers Wentzel en Hester Rossouw, se taak is nou afgehandel.
Exit mobile version