Local newsSchools

Piet Tandemuis besoek kleuterskole

Kleuters leer op prettige wyse van mond higiëne.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak het op 15 Augustus verskeie kleuterskole besoek om die kinders te leer hoe om na hul tande om te sien.

Hulle het die Vissies Pre-Primêre Skool, Pienkie Ponkie, Chompies, Wikkelwurms, Bambino, Kleuterzone, Houtkapper speelgroep, Tjokkers en SAVF Heidelberg besoek.

Patricia Meyer, voorsitter van Helpende Hand Heidelberg-tak.

Helpende Hand se Piet Tande was byderhand sowel as die ‘tandarts’ van die dag, Sandra Taljaard.

Die ‘tandarts’ van die dag was Sandra Taljaard.

Patricia Meyer, voorsitter van Helpende Hand Heidelberg-tak was ook teenwoordig om almal te verwelkom.

“Ons as Helpende Hand is hier om almal te probeer touwys maak hoe belangrik higiëne is. Verder is ons ook in die gemeenskap om te help met opvoeding, opleiding en ontwikkeling,” het Meyer gesê.

Sandra het haar toneelvaardighede ten toon gestel en het verseker dat die kleuters aandagtig geluister het.

Sandra Taljaard en Piet Tande saam met die kleuters van die Vissie Kleuterskool.

Related Articles

Back to top button