Local newsSport

Nigel seil maklik verby Sasol Kobras

Halfeinstryd is in die sig vir Nigel Rugbyklub.

Nigel Rugbyklub het Saterdag teen Sasol Kobras in hulle Valke Rugby Unie Merlin Liga gespeel.

Nigel se eerstes het soos ‘n span op ‘n missie gespeel en het Sasol maklik met 63-14 geklop.

Die telling kon baie groter gewees het as dit nie vir verskeie hanteerfoute was nie.

Nigel het agt drieë, sewe doelskoppe en drie strafdoele in punte omskep.

Nigel se eerste span punte is aangeteken deur drieë:

Lwazi Jamani (1), Ieuan Cobus (1), Lincoln Baaitjies (1), Simba Jange (1), Steven Kok (2) en Griag Pienaar (2). doelskoppe: Lincoln Baaitjies (5) en Steven Kok (2) en strafdoele (3).

Baaitjies was die speler van die wedstryd.

Nigel se tweedes het op hulle beurt Sasol se tweedes met 48-5 afgeransel.

Sasol het die eerste punte in die wedstryd aangeteken.

Dit was ook hulle enigste punte in die wedstryd gewees.

Daarna moes Sasol al hulle verdedigingtegnieke gebruik om Nigel se volgehoue aanvalle te probeer stuit.
Nigel het in die proses sewe drieë gedruk en vyf suksesvolle doelskoppe aangeteken.

Nigel se tweede span se punte is as aangeteken deur drieë:

Zama Ndawo (1), Arno Helberg (1), Ruan Claassens (2), Ruan Nell (2) en Tjuppa Lotter (1) en doelskoppe: Handerik Deyzel (5).

Die speler van die wedstryd was Arno Helberg.

Nigel is besig om op die golf van oorwinning te ry en is tans die voorloper op die Merlin Liga punteleer.

Met die liga wat einde se kant toe staan is verskeie spanne in ‘n geskarrel om in die halfeinstryd te kom.

Nigel Rugbyspan se volgende wedstryd is op 24 Augustus teen Meyerton op Meyerton se veld.

Related Articles

Back to top button