Volkies laat waai op die sportveld

Leerders van die skool het die afgelope tyd in verskillende sport soorte uitfeblink.

Leerders van die Hoër Volkskool was die afgelope tyd met goeie welslae bedrywig op die sportvelde.

• Perdry

Hoër Volkskool het ‘n derde plek by die Sanesa Saddleseat Nasionale Kampioenskap vir skole behaal.

• Hokkie

Volskool se dogter hokkiespanne het onlangs aan ‘n binnemuurse hokkietoernooi deelgeneem.

Die Volkskool o15A rugbyspan.

Die uitslae was:

o14 Volkskool 5 – Benoni High School (o15) 4

o15 Volkskool 3 – Edenvale 4

o16 Volkskool 1 – St Dominic’s (o15) 1

o16 Volkskool 3 – Benoni High School (o17) 0

Volkskool Rising Stars 0 – St Dominic’s eerstes 4

Eerste span Volkskool 2 – St Dominic’s eerstes 4

Die Sanesa ruiters is Mienke le Roux, Jana Potgieter en Anne-Rete le Roux.

• Rugby

Twee rugbyspanne van Volkskool het deurgedring na die Noord-Vaal Skild trofee uitspeelwedstryde op 17 Augustus.

Die o16A span speel teen Hoërskool Ben Vorster tuis om 10:00 terwyl die o15A weg speel teen Ben Vorster om 09:00.

Die Volkskool o16A rugbyspan.

• Tennis

Volkskool seuns en meisie eerste tennis spanne het onlangs aan die Wilson Uitdaagbeker by Sun City deelgeneem.

Die seuns was as algehele wenners gekroon toe hulle Sentraal Hoërskool van Bloemfontein in die finaal geklop het.

Die Volkskool seuns eerste tennisspan.

Die spanne het bestaan uit:

Seuns: Brian Wiggle, Biehan Wepener, Huib Sprong, Willem-Jan Sprong.

Meisies: Luné Wepener, JB Bauer, Jané Wepener en Anika Kritzinger.

Exit mobile version