Local news

Skuld word erken in Linda Basson se moordsaak

Beide die bskludigdes het skuld erken op die aangklagtes teen hulle.

Die twee beskuldigdes, in die hofsaak wat spruit uit die voorval waar Linda Basson (29) op 2 April in die huis van haar oupa en ouma, waar sy gewoon het, vermoor is het op 8 Augustus skuld erken op al die aanklagte teen hulle.

Die beskuldigdes Johan Powell (36) en Wynand Pieterse (35) van Spaarwater het in die Heidelberg Landdroshof verskyn waarna die saak tot 18 September uitgestel is.

Powell is aangekla van moord asook roof met verswarende omstandighede terwyl Pieterse van roof met verswarende omstandighede aangekla is.

Beide die mans het Basson, wat ‘n geliefde inwoner van die dorp was, geken van haar kerk se jeug selgroep af.
Volgens ‘n verklaring het die twee beskuldigdes koffie by Basson se woonplek in Bergsig gaan drink.

Nadat hulle die koffie gedrink het, het Powell en Basson in die huis ingegaan terwyl Pieterse nog buite gesit het.
Volgens die verklaring het Powell ‘n skootrekenaar op die tafel gesien.

Hy het toe vir Basson gegryp en haar verwurg. Daarna het Powell vir Basson in die badkamer ingesleep en ook ‘n waslap in haar mond gedruk en in ‘n bad vol water gesit.

Powell het toe vir Pieterse geroep waarna beide saam die huis deursoek het vir waardevolle items.

Die items was later op verskeie plekke verkoop. Beide die beskuldigdes se verklarings stem ooreen.

Powel het ‘n vorige skuldbevinding teen hom waarvan hy vir twee jaar in die tronk was. Hy was in November 2023 vrygelaat.

Pieterse het geen kriminele rekord teen hom gehad nie.

Die gemeenskap was in skok na die moord op Linda Basson, en het na die moord hulde aan haar gebring.

Related Articles

Back to top button