Local news

Vroue-maand bring alle vroue bymekaar

Vrouedag herhinner ons aan al die hindernisse wat vroue moes en steeds moet oorkom.

“Vrouedag bring alle vroue bymekaar.”

Dit is die boodskap van Hettie Botha, onder voorsitter van die Vroue Landbou-unie se Nigel-tak.

“Vrouedag vir die VLU-vroue herinner ons aan al die hindernisse wat vroue moes en steeds moet oorkom soos geslagsgeweld, diskriminasie, vroueregte, asook dat ‘n vrou wat die korporatiewe leer wil klim wat te doen kry met ongelykheid en manlike chauvinisme,” het Hettie gesê.

“Dit bring vroue uit verskillende kulture bymekaar en laat ons besef dat elke ma maar net die beste vir haar kinders wil hê,” het sy bygevoeg.

Van die vroue wat lede van die VLU Rensburg-tak is.

Op haar beurt sê Marty Jerling, voorsitter van die Rensburg VLU vir haar en namens die VLU-lede is Vrouedag vir hulle opbouend.

“Dit is ‘n dag waar vroue, wat ‘n helpende hand vir ander is, vereer word.

“Die VLU staan vir kameraadskap en opheffing van vrouens en hul talente en gawes en om ander wat in nood is by te staan,” het Jerling gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button