Ons Winkel kry ‘n nuwe baadjie

Skenkings help met Helpende Hand Studietrust wat rentevrye studielenings aan hulpbehoewende Afrikaanse studente bied.

Solidariteit Helpende Hand se tweedehandse skenking winkel, Ons Winkel, Heidelberg, is onder nuwe bestuur.

Hans en Corné Meyer het op 7 Augustus Ons Winkel, Heidelberg oorgeneem.

Die gebiedsbestuurder van Ons Winkel vir die Oos-Rand, Wes-Rand, KwaZulu-Natal Suid- en Wes-Kaap, Janelize Roux, wat teenwoordig was met die opening van die winkel, is opgewonde met die nuwe rigting wat hierdie Ons Winkel inslaan en sien uit na die verandering.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak en die Rensburg Vroue Landbou-unie het almal hand bygesit om die winkel reg te kry.

Hans Meyer, Janelize Roux en Corné Meyer voor Ons Winkel.

Die Ons Winkels verkoop items wat geskenk word.

Wins maak dit vir Helpende Hand moontlik om maatskaplike werkers in diens te neem en om uitdagings in gemeenskappe aan te spreek, asook om gemeenskappe tot hul volle potensiaal te help ontwikkel.

“Die opbrengste vanuit die winkels word wys bestee om Solidariteit Helpende Hand te help om voorspoed in gemeenskappe reg oor die land te verseker,” het Roux verduidelik

Hans en Corné Meyer het die bestuur van die winkel oorgeneem.

“Verskeie streek- en gemeenskap projekte word befonds van uit die Ons Winkels landwyd.

“Elke winkel word volgens streek verdeel en die fondse vanuit hierdie winkels gaan elke maand na ‘n gesamentlike streeksfonds.

Janelize Roux die gebiedsbestuurder vir die Oos-Rand, Wes-Rand, KwaZulu-Natal Suid- en Wes Kaap saam met Hans Meyer.

“Hierdie streeksfonds word gebruik vir projekte in daardie streek se verskeie gemeenskappe, het sy gesê.

Ons Winkels dra ook by tot die Helpende Hand Studietrust (HHST) wat rentevrye studielenings aan hulpbehoewende Afrikaanse studente bied wat anders nie sou kon bekostig om te gaan studeer nie.

Mariolette Vorster en Janelize Roux van Solidariteit Helpende Hand.

Die publiek word uitgenooi om items wat by die huis rondstaan aan die Ons Winkel te skenk.

Die winkel kan gevind word in die Heidelberg Forum in Heidelberg.

Solidaritiet Helpende Hand Heidelberg tak lede voor Ons Winkel, Heidelberg.
Exit mobile version