Nigel bly op die wenpad

Nigel verstewig hul posisie op die Merlin punteleer.

Nigel Rugbyklub het Saterdag Elsburg die stryd aangesê in ‘n Valke Merlin Liga wedstryd wat op Elsburg se veld in Germiston gespeel was.

Die wedstryde was baie taai gewees en Nigel het beide hul wedstryde naelskraap gewen.

Die eerste span het 33-27 geseëvier.

Nigel is eerste op die Merlin punteleer en dié wen het hulle posisie versterk.

Die liga wedstryde staan einde se kant toe met die halfeindronde wedstryde wat binnekort gespeel gaan word.
Nigel se punte was aangeteken deur drieë: Andrico Potgieter, Lincoln Baaitjies, Steven Kok, Griag Pienaar en Wilco Ras en doelskoppe: Lincoln Baaitjies (4).

Die speler van die wedstryd was Andrico Potgieter.

Nigel se tweede span het op hulle beurt met 13-11 die knoop deur gehaak.

Die punte was aangeteken deur drieë: Zama Ndawo, doelskop: Stephen Baardman, strafdoel Stephen Baardman en skepdoel: Stephen Baardman.

Nigel Rugbyklub speel op 17 Augustus hulle volgende wedstryd teen Sasol Kobras op die John Vorster Stadion in Nigel.

Elsburg moes keer dat Nigel nie meer kon aanval nie.
Exit mobile version