Laer Volkskool se leerders woeker met hul talente

Dié Volkie leerders rus nie op hul louere nie.

Leerders van die Laer Volkskool was die afgelope tyd baie bedrywig met aktiwiteite buite die klaskamer.

• ATKV

Suané Matthews (Graad Sewe), Muhammad Hoosen (Graad Ses) en Mala van Jaarsveld (Graad Sewe) het met goeie welslae aan die ATKV redenaarskompetisie deelgeneem.

Al drie die leerders het uitstekend gevaar en het deurgedring na die nasionale ronde, wat op 2 Augustus by Klein Kariba Vakansieoord plaasgevind het.

• Wiskunde Olimpiade

Luan du Plessis (Graad Vier), Robèrt Alkema (Graad Vier), Ruben de Klerk (Graad Vyf), Ludwig du Plessis (Graad Vyf), Lodiaan Gouws (Graad Vyf), Janco

Jordaan (Graad Vier) en Lea Brits (Graad Ses) het aan die Wiskunde Olimpiade deelgeneem. Die leerders het deurgedring na die provinsiale ronde.

• Wetenskap Ekspo

Volkskool se Graad Ses leerders het op 6 Augustus aan die Departementele Circuit2 Wetenskap Ekspo deelgeneem. Die leerders se kreatiwiteit was behoorlik getoets.

Muhammed Hoosen, Ben Conradie, Kaitlynn Uys, Erich Vermeulen en Bastiaan du Toit het deurgedring na die volgende ronde wat op 15 Augustus plaasvind by Laerskool Suikerbos.

• Wiskunde en hoofrekene uitdaging:

Pieter-Willem Fleischmann en tweeling broers Leonard en Francois Mocke (Graad Drie) het aan die D7-klustervak wiskunde en hoofrekene uitdaging deelgeneem, wat op 1 Augustus plaasgevind het.

Die leerders dring deur na die volgende ronde wat op 30 Augustus sal plaasvind.

Exit mobile version