Volkies blink ook uit buite die klaskamer

Laer Volkies laat hul naam geld.

Laer Volkskool leerders blink uit buite die klaskamers.

Krieket:

Laer Volkskool het twee spanne gehad wat aan die RMS reeks asook die T10 aandreeks deelgeneem het.

Adriaan Coetzee.

Volkskool se o11A asook die eerste span het aan die toernooi deelgeneem. Die o11A span het aan die RMS reeks deelgeneem en het vyfde geëindig. Die eerste span het in dieselfde reeks as wenners weg gestap.

Die speler van die toernooi was Renaldo Braun wat 374 lopies in vier wedstryde losgeslaan het.

Altwee spanne het ook aan die T10 aandreeks deelgeneem. Die 011A span het tiende klaargemaak en Volkskool se eerste span was algeheel tweede in die toernooi.

Christiaan Lewis en Tharien Bedeker.

Die speler van die toernooi was Renaldo Braun.

Renaldo is ook vir die o13 Sedibeng span gekies.

Blake Haskins, Stephan Botha en Tjaard du Plessis is met goeie spel in die o12 Suid Area krieketspan opgeneem.

Landloop:

Adriaan Coetzee het op 20 Julie aan die Klub Landloop Interprovinsiale byeenkoms in Middelburg deelgeneem. Atlete vanaf vyf provinsies het tydens die byeenkooms meegeding,

Krieket ster Relando Braun.

Coetzee het in die o13 ouderdomsgroep hakskene vir die ander atlete gewys en het eerste oor die wenstreep gehardloop.

Olimpiade:

Tharien Bedeker en Christiaan Lewis het aan die Noord-Wes Olimpiade deelgeneem en het deurgedring na die volgende rondte.

Blake Haskins, Stephan Botha en Tjaard du Plessis.
Exit mobile version