Volkie se hoender kraai tot ‘n eerste plek

Volkie leerder kraai van plesier.

Christiaan Jordaan (Graad 12 leerder by Hoër Volkskool) het aan die SASPO Nasionale Pluimvee Kampioenskappe Skou vanaf 24-28 Junie in Bloemfontein deelgeneem.

Jordaan se Hollandse Kriel Stag-Red Shoulder Silver Partridge het ‘n eerste plek losgekraai asook die beste verskeidenheid afdeling gewen.

Christiaan behaal met al sy hoenders ook ‘n tweede plek, vier derde plekke en ‘n vyfde plek.

Exit mobile version