Plastiek herwinning bou klaskamers

Sy glo in herwinning van plastiek en versamel koeldrank proppies wat uiteindelik omgeskep word in asblkke.

Therese Le Grange is die week gekies as die inwoner van die week.

Nie net is sy al drie jaar deel van die Heidelberg Skoon span wat elke Donderdag vullis optel nie, maar ‘n ware voorstaander van herwinning.

Le Grange maak koeldrank proppies bymekaar wat sy ingee om plastiek stompe van te maak. Die stompe word dan gebruik om asblikke te vervaardig.

Sy spandeer ook haar aande om eko-blokke te vervaardig wat gebruik word om klaskamers in Diepsloot te bou.

Heidelberg Hoop en die gemeenskap het groot waardering vir haar werk in die gemeenskap.

Exit mobile version