Local news

SAWV, Eenheid Suikerbos word vereer

Plaaslike SAWV eenheid gaan groot tydens die algemene jaarvergadering.

Tydens die Suid-Afrikaanse Weermagvereeniging (SAWV) se nasionale algemene jaarvergadering op 20 Julie wat in Pretoria gehou was, was SAWV, Eenheid Suikerbos vereer met verskeie toekennings.

Eenheid Suikerbos het binne die bestek van 18 maande ‘n top eenheid in die SAWV geword.

Macy Hansen, hoof van die nasionale holistiese afdeling het twee olieverf skilderye aan Eenheid Suikerbos gegee.

Eenheid visie-voorsitter Willem J Pretorius met sy toekennings asook sy geverfde Dwergvalk skildery.

Een skildery, ‘n Edelvalk was aan Eenheid Suikerbos se voorsitter Frik van Niekerk oorhandig en die tweede skildery van ‘n Dwergvalk was aan Willem J Pretorius oorhandig.

Projek Dwergvalk is ‘n projek waar Pretorius saam Hannes Louw (eenheidsprojekbestuurder en GPF lid) met die jeug werk.

Eenheid Suikerbos het ‘n ere meriete sertifikaat ontvang vir die werk van dié projek die afgelope jaar.

Daar was ook ‘n ere meriete sertifikaat ontvang vir Projek White Dove, ‘n projek wat gestorwe weermaglede vereer en wat in September 2023 afgehandel was.

Macy Hansen, hoof van die nasionale holistiese afdeling tesame met SAWV, Eenheid Suikerbos voorsitter Frik van Niekerk met sy Edelvalk skildery.

Daarby het van Niekerk ‘n ere meriete sertifikaat ontvang asook ‘n verdere meriete sertifaat vir sy werk in die SAWV.

Eenheid visie-voorsitter Willem H Pretorius, wat pas ook aangestel is as nasionale projekbestuurder van Projek Dwergvalk, het namens Eenheid Suikerbos ook ‘n ere meriete sertifikaat ontvang, en in sy persoonlike hoedanigheid ‘n meriete sertifikaat.

Hulle het 27 projekte afgehandel en meer as 1 400 kinders bereik.

Eenheid Suikerbos se visie-voorsitter Willem J Pretorius met sy geverfge Dwergvalk skildery en Macy Hansen, hoof van die nasionale holistiese afdeling.

Eenheid adjudant Lydia Botha was vereer met ‘n meriete sertifikaat vir haar harde en onbaatsugtige werk wat sy as eenheids- en sektor-adjudant verrig.

Botha is verantwoordelik vir alle administratiewe werk vir die eenheid en sektor.

Daar was ook toekennings vir kapelaan Gert van Rooyen, adjudant offisier Werner van der Merwe en eenheid skakelbeampte Trudie Potgieter.

SAWV, Eenheid Suikerbos voorsitter Frik van Niekerk met sy toekennings.

“Graag bedank ek die nasionale uitvoerende raad, sektor Wilger, die bestuur van Eenheid Suikerbos, sy lede en die gemeenskap vir hul deelname en aandeel om Eenheid Suikerbos ‘n top presteerder en eenheid van die Suid-Afrikaanse Weermagvereeniging te maak.

“Sonder deelname van lede en skenkings uit die gemeenskap, kan ons as maatskaplike organisasie nie suksesvol wees nie. Elke skenking beteken iets vir ‘n veteraan wat in nood is,” het van Niekerk gesê.

Willem J Pretorius, Lydia Botha en Frik van Niekerk met hulle toekennings.

Van Niekerk is eenheid voorsitter, Visie-Voorsitter van Sektor Wilger, en nasionale projekbestuurder van Projek Edelvalk, ‘n projek waar gestremdes met apparate wat hul nodig het maar nie kan bekostig nie, gehelp word. Deur die projek is daar reeds 61 gestremdes gehelp met apparate met ‘n geraamde waarde van R230 000.

Alle persone wat in die Suid-Afrikaanse Weermag gedien het tot 1994, kan voorsitter Frik van Niekerk kontak by 079 220 5555 om lid te word van SAWV.

Related Articles

Back to top button