Local news

Suikerbos Aftreeoord kry skenking van nuwe suurstofmasjien

Die masjien is deur Suikerbosrand Makelaars geskenk.

Die Suikerbos Afteeoord is ‘n tehuis waar vele senior burgers gehuisves word.

Behalwe vir die gewone wooneenhede beskik die oord ook oor die Silwer Akker – die verswakte pasiënte sorgeenheid asook die nuutste toevoegsel, Die Goue Akker -‘n afdeling vir Alzheimer en Dementia pasiënte wat onlangs sy deure geopen het.

Silwer Akker het so pas ‘n nuwe suurstofmasjien ontvang wat geskenk is deur Karl en Johann Strauss van Suikerbosrand Makelaars.

“Ons het inwoners in die Silwer Akker Versorgingseenheid wat suurstof benodig maar nie mediese fondse het of dit kan bekostig nie,” het Marlene Walkden, Suikerbos aftreeoord maatskaplike werker gesê.

“Ons is dankbaar vir die skenking en wil die Strauss familie asook Suikerborrand Makelaars bedank,” het sy bygevoeg.

Related Articles

Back to top button