Local news

Dorp van die Jaar: Elke stem tel

Elke stem tel.

Heidelberg is in die wedloop om as Kwêla se Dorp van die Jaar gekroon te word, maar die titel kan slegs ‘n werklikheid word indien soveel mense moontlik hul stemme per SMS uitbring.

Elke streek het ‘n dorp in die wedloop en Heidelberg is Gauteng en Noord-Wes se verteenwoordiger.

Die prysgeld is nie te versmaai nie, met R1m op die spel.

Dit sluit televisie dekking, bemarking, ‘n dorpsfees en nog meer in.

Om in aanmerking te kom vir die gesogte titel, word daar verlang dat inwoners en die publiek in algemeen vir hul gunsteling dorp stem.

Stemme, per SMS kan vanaf 14 Julie om 20:00 tot 19 Julie om 12:00 gestuur word.

Heidelberg se ikoniese Klipkerk.

Die groep van Heidelberg Hope het hard gewerk om die dorp in die pylvak te kry vir die Dorp van die Jaar toekenning.

Daar is ‘n magdom projekte en skoonmaaksessies aangepak om die dorp netjies en skoon te kry.

Heidelberg Hope moes ook al ‘n voorlegging aan Kwêla gedoen het oor wat beplan word indien Heidelberg as die wendorp aangewys sou word.

Dit is hoe jy kan stem:

SMS HEIDELBERG na 33157

• Elke nommer kan slegs 30 keer stem

• Elke SMS kos steeds R1.50 (gratis SMS bondels tel nie)

• Jy sal slegs op jou eerste SMS boodskap ontvang wat sê “dankie vir jou stem”

Vir verdere inligting kontak vir Albert Grobler by 083 400 1221 of Nicolene Neveling by 072 840 0205 of stuur ‘n e-pos na www.heidelberghope.co.za

Die top drie dorpe sal op 28 Julie op die TV program Kwêla aangekondig word.

Kwêla se Dorp van die jaar kompetisie.

Related Articles

Back to top button