![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/121/2024/07/JacoBalfour_73067.jpg)
Jaco Saunders, ‘n rugbyspeler aan die Gekombineerde Skool Balfour het die o14 Oos-Transvaalse Bokkie Span by die Bokkie Week verteenwoordig.
Ongeveer 2 600 spelers van regoor Suid-Afrika het aan die pas afgelope Bokkie Week, in verskeie sport dissiplines, deelgeneem.
Tydens die toernooi het Jaco teen Noord-Transvaal, Noord-Oos Vrystaat en Vrystaat gespeel.
Jaco se gekose posisie is heelagter.
Dit is die derde keer dat Jaco Oos-Transvaal kleure ontvang het. Die vorige kere was vir o13 rugby en o13 krieket in 2023.