OPVOLG: Verdagte in hegtenis geneem na skietvoorval

‘n Roudiens vir Du Preez is op 6 Julie in Heidelberg gehou.

Volgens inligting is ‘n verdagte vroeër vandag (Maandag) in hegtenis geneem in verband met die voorval waar Etienne du Preez (74) op 3 Julie koelbloedig in Uckermannstraat geskiet is.

Etienne du Preez.

Du Preez is oorlede terwyl Flip Minnaar (66), wat in dieselfde voorval geskiet is, tans in die hospitaal aansterk.
Die saak word verder ondersoek.

Meer inligting sal volg sodra dit beskikbaar word.

‘n Roudiens vir du Preez is op 6 Julie in Heidelberg gehou. ‘n Volledige berig hieroor volg.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version