Local news

Gemeenskap sit hand by vir muurkuns

“Heidelberg moet weer ‘n toerisme aantreklikheid word en deur ons dorp mooi te maak op alle gebiede, is ek seker die pogings gaan baie suksesvol wees.”

Die dorp is op 29 Junie weer deur die verfkwaste verfraai.

Dié keer was dit die muur van die kafee op die hoek van Voortrekker- en Begemanstrate wat met muurkuns verfraai is.

Veronika Olivier (55), ‘n plaaslike kunstenaar het die dag georganiseer en gesorg dat daar vele kleure was om van te kies vir elkeen wat ‘n handjie wou bysit.

Besoekers het die geleentheid gekry om hul handafdrukke op die muur te maak en selfs Heidelberg DBV se hond, Floyd het sy pootafdruk gelaat.

Heila Small en Suzaan Cloete, albei onderwysers aan die Hoër Volkskool het ook hul handafdrukke gaan maak.

Die muurkuns inisiatief is begin deur Heidelberg Hope wat tans opknappingsprojekte in die dorp doen.

Muurkuns kan alreeds in verskeie plekke in die dorp gesien word en asblikke is ook al kleurvol geverf.

Olivier het vertel sy is baie opgewonde om deel te wees van die muurkuns projekte en is dankbaar vir elkeen wat Saterdag opgedaag het om deel te wees van dié kleurvolle dag.

“Heidelberg moet weer ‘n toerisme aantreklikheid word en deur ons dorp mooi te maak op alle gebiede, is ek seker die pogings gaan baie suksesvol wees,” het sy gesê.

Veronika Olivier, plaaslike kunstenaar het dié muurkuns projek georganiseer.

Olivier wat samewerkende kuns doen by Zoë Skool, wat remediërende onderrig bied vir kinders met leerprobleme en Masincedane Sorgsentrum vir verstandelike of fisiese gestremdes, het hulle ook betrek en die glimlagte en genot was duidelik te sien op elkeen se gesig.

“Dit was ‘n inspirerende dag gevul met kleur, genot en dankbaarheid vir klein gebare wat ‘n groot verskil maak,” het Olivier gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button