Liefde blom in die goue jare

“Ek het ‘n rustigheid in my hart, want ek weet dit is die regte besluit,” het hy aan Heraut wat die geleentheid bygewoon het vertel.

Dit is nie goed vir die mens om alleen te wees nie.

Dit was die boodskap tydens die baie spesiale huweliksbevestiging op 29 Junie van Flip Roos (85) en Wilma Le Roux (84).

Flip en Wilma is albei inwoners van die Goue Jare Aftreeoord in Nigel.

Flip bly vir die afgelope agt jaar in die oord. Hy het vir 40 jaar vir Telkom gewerk en hou homself nou besig met allerhande nutswerke.

Na die huweliks bevestiging gedoen is, kon Flip uiteindelik sy bruid soen.

Dit is ook hoe hy en Wilma ontmoet het. Hy moes ‘n paar nutstake by die huis van Wilma se enigste dogter, Marcelle Bonafe gaan doen waar Wilma in 2021 gewoon het.

Hulle het vriende geword en Wilma het nie geskroom om Flip te help met gereedskap aangee of die leer vas te hou as hy sy take verrig nie.

Die vriendskap het gegroei en sy het Flip verskeie kere genooi na etes of braai gesellighede.

In Maart 2023 het Wilma na Goue Jare getrek waar hul vriendskap verder gegroei het.

Flip het in Oktober 2023 by sy seun in Nieu-Seeland gaan kuier.

“Ek het baie verlang na Wilma,” het hy vertel.

Flip Roos staan voor die kansel en wag vir sy bruid om te arriveer.

Met sy terugkeer in April vanjaar, het hy besef dat hy meer as net ‘n vriend vir Wilma is en kon nie wag om haar die ja-woord te vra nie.

Die nuus dat die twee spesiale mense wil trou, het vinnig by die aftreeoord versprei. Die troureëlings is deur Flip en Wilma met die hulp van hul dogters gedoen. Flip het teen 11:00 voor die kansel gestaan en vir sy bruid gewag.

“Ek het ‘n rustigheid in my hart, want ek weet dit is die regte besluit,” het hy aan Heraut wat die geleentheid bygewoon het vertel en met ‘n opgewondenheid gevra of dit steeds tradisie is vir die bruid om laat te wees.

Omstreeks 11:10 het Marcelle haar ma by die saal ingebring waar Flip reg gestaan het om haar hand te vat.
Ds Chris Engelbrecht wat die verrigtinge gelei het, ken die paartjie goed en het vertel hoe hy die liefde sien blom het elke keer as hulle saam kerk toe gekom het.

Hy het gepraat oor die mens wat nie gemaak is om alleen te wees nie, soos daar in Genesis geskryf staan en het ook aangehaal uit Korintiërs dat alles vergaan maar die liefde altyd sal bly staan.

Wilma Le Roux by haar dogter Marcelle Bonafe wat haar by die kerk ingebring het.

“Die mens het ‘n innerlike behoefte na ‘n maat,” het hy gesê.

Na die huweliksbevestiging afgehandel is, kon Flip uiteindelik sy bruid soen.

Die paartjie is toegesing met die operastem van Theresa Scholtz en daarna is daar feesgevier by pragtige gedekte tafels en heerlike kos, wat verskaf is deur familie en VLU Nigel-tak dames waar Wilma en Marcelle lede is.

Die Roos egpaar is reg vir hul wittebrood wat onder andere ‘n jagreis, familiekuier en vakansie by die see insluit.
Hulle is nie meer alleen nie en die liefde bly staan, selfs in hul goue jare.

Flip Roos en Wilma Le Roux wat Saterdag 29 Junie in Nigel getrou het.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version