Local news

GPF lede geskiet: Gemeenskap hou nagwaak vir Etienne du Preez

Etienne laat 'n groot leemte in die gemeenskap.

‘n Somber atmosfeer het gisteraand (4 Julie) geheers toe inwoners van die dorp ‘n nagwaak vir Etienne du Preez by sy woning bygewoon het.

Du Preez (74) is Woensdag (3 Julie) koelbloedig in Ueckermannstraat geskiet, waar hy en Flip Minnaar (66) gestap het.

Minnaar is ernstig gewond en word steeds in die hospitaal behandel.

‘n Groot groep mense het by die nagwaak opgedaag om respek te toon deur kerse aan te steek en blomme neer te lê.

Du Preez se vrou, Elma asook nabye gesinslede was teenwoordig en het die mense, wat die nagwaak bygewoon het, bedank.

Inwoners het eer betoon deur kerse aan te steek en blomme neer te lê.

“Ek het nie gedink dat almal so baie van Etienne gedink het nie en ek het ook nie besef watter impak hy op ander se lewens gehad het nie” het Elma gesê.

Lede van die Heidelberg Gemeenskappolisiëringsforum (GPF) wat ook die nagwaak bygewoon het, het die Onse Vader gesing.

Du Preez en Minnaar was beide aktiewe lede van die GPF.

Vroeër gedurende die dag was daar ook ‘n seremonie voor die Heidelberg Polisiestasie waar lede van die SAPD asook personeel blomme en kranse voor ‘n houtkruis geplaas het.

Begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie.

LEES OOK: Opvolg: GPF lede geskiet: Polisiesoektog na moordenaar aan die gang

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button