Local newsSport

Volkies laat die lopies vloei

Volkskool se krieket kaptein speel in sy 50ste wedstryd.

Hoër Volkskool se eerste krieketspan het gedurende die vakansie ‘n kriekettoer in Potchefstroom onderneem.

Tydens die toer het Volkskool teen Hoërskool Goudveld asook Klerksdorp gespeel in T20-wedstryde.

Volkskool het Hoërskool Goudveld met 24 lopies gewen en Hoërskool Klerksdorp met ses paaltjies afgeransel.

Volkskool se kaptein Matthew Wentzel het ook tydens die toer sy 50ste wedstryd vir die eerste span gespeel.

Volkies se uitblinkers was: Matthew Wentzel met 57 lopies van 52 balle en Dave Pelzer met 62 lopies van 54 balle.

Matthew Wentzel met sy wedstryd hemp tydens sy 50ste wedstryd.
Dave Pelzer het 62 lopies van 54 balle gemoker.
Matthew Wentzel het 57 lopies van 52 balle af aangeteken.

Related Articles

 
Back to top button