Local news

Dwergvalk raak lewens aan

Plaaslike leiers word mentors vir die jeug.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging (SAWV), Eenheid Suikerbos projek waar daar op die jeug gefokus word, kan as suksesvol bestempel word.

Dié projek word as Projek Dwergvalk geëien.

In die afgelope jaar het die twee lede wat die projek behartig, Willem Pretorius (SAWV Eenheid Suikerbos ondervoorsitter) en Eenheid Suikerbos se Projekbestuurder, Hannes Louw verskeie skole en instansies besoek om met die jeug te werk.
Daar was ook leersame kampe waarby jong mense betrek is.

Dit geskied alles op ‘n wyse sodat die jeug betrokke voel en deel van die leerproses wil wees.

Die nuutste onderwerp wat die twee lede aangepak het was boelies, selfverdediging en ontsnapping.
Daar is onder meer besoek gebring aan jong mense in Meyerton asook Pretoria.

“Daar is so baie kinders wat nie iemand het wat hulle oor sekere goed kan touwys maak nie. Projek Dwergvalk wil juis daardie gaping vul en as ‘n mentor dien waarna kinders kan opkyk,” het Pretorius gesê.

Willem Pretorius en Hannes Louw met die geskenkpakke at hulle vanaf Eenheid Suikerbos ontvang het.

Gedurende die afgelope paar maande is ongeveer 1 400 kinders bereik in 27 aktiwiteite en lewenslesse wat hulle aangebied het.

“Dit is lekker om met die jeug te werk en ons kennis aan hulle oor te dra. Elke keer is dit ‘n nuwe ervaring en ons voel of ons iets bereik” sê Louw.

Projek Dwergvalk is besig om naam te maak in verskeie kringe en dit het sovêr gegaan dat die program ook deur SAWV, Nasionaal erken is.

“Met harde werk en deursettingsvermoë is Pretorius is ook aangestel as projekbestuurder op ‘n nasionale vlak,” het Frik van Niekerk voorsitter SAWV, Eenheid Suikerbos gesê.

Op 25 Junie het Pretorius en Louw elkeen ‘n waardering geskenkpak van Eenheid Suikerbos ontvang, waartydens Pretorius se aanstellings brief as nasionale projek bestuurder ook aan hom oorhandig is.

Related Articles

 
Back to top button