Voorwedstryde lewer goeie rugby op

John Vorster Hoërskool se krag was te veel vir Springs RK.

Die John Vorster Hoërskool se o14, o15 en o16 spanne het op 29 Junie teen Springs Jeug Rugbyklub op die veld gedraf.

Die wedstryde was op die John Vorster Stadion in Nigel gespeel en het gedien as voorwedstryde vir die Nigel en Heidelberg se rugbyklubs.

Die wedstryde was in goeie gees gespeel en geen speler wou hul span in die steek gelaat het nie.

Die tellings is as volg: o14: John Vorster 5 – Springs RK 5, o15: John Vorster 43 – Springs RK 5 en o16: John Vorster 14 – Springs RK 12.

Na afloop van die wedstryde het John Vorster se eerste en tweede spanne mekaar die stryd aangesê.

Die eerste span het gewen met 33-16.

Exit mobile version