Local news

Heidelberg in finaal vir Dorp van die Jaar

Sodra al nege dorpe bekend gemaak is, sal die publiek vanaf 14 Julie kan stem. Die wendorp word op 28 Julie op Kwêla aangekondig.

Inwoners kon Sondagaand (30 Junie) met trots kyk hoe Heidelberg aangekondig is as die Gauteng en Noordwes se finalis vir die Kyknet program Kwêla se Dorp van die Jaar titel.

Die Kwêla produksiespan het Heidelberg op 12 en 13 Junie besoek waar daar met verskeie besigheidseienaars gesels is oor die uniekheid van die dorp.

Nadat Hannes van Wyk, Kwêla aanbieder, bekend gemaak het dat Heidelberg die finalis dorp is, kon kykers die produksie sien wat ‘n kort opsomming was van die dorp se ikone en geskiedenis.

Die Klipkerk is een van die ikone van Heidelberg. Die Klipkerk is ryk aan die dorp se erfenis en bestaan vanaf 1885.

Dit is nie die eerste keer dat Heidelberg ‘n finalis is vir die titel nie maar met die werk wat onder andere deur Heidelberg Hope gedoen word om die dorp weer mooi te maak, te herstel en ’n toeriste aantreklikheid te maak, tesame met die eeue-oue erfenis en ryk geskiedenis van die dorp, staan Heidelberg ‘n goeie kans om uiteindelik die jaar gekroon te word as dorp van die jaar.

Sodra al nege dorpe bekend gemaak is, sal die publiek vanaf 14 Julie kan stem. Die wendorp word op 28 Julie op Kwêla aangekondig.

Related Articles

 
Back to top button