Wat gebeur in Nigel en Heidelberg

Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie. Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za

HEIDELBERG

Weekliks:

• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.

• Die Suikerbosoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbosoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 11:00 tot 13:00 verskeie noodsaaklike dienste aan die gemeenskap. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir besprekings asook koste navrae.

NIGEL

• 14 September

AP Kerk Nigel reël ‘n stap vir Bybels ten bate van Bybel verspreiding. Alle stappers word uitgenooi om saam te stap. Daar sal ook stalletjies wees en uitstallers is welkom. Om stalletjies te bespreek of vir meer inligting, kontak Elsa Greyling by 083 703 1763.

• 5 tot 7 Desember

NG Kerk Nigel Oos gemeente hou ‘n kersmark en is opsoek na uitstallers. Om jou stalletjie betyds te bespreek, kontak Maryke Jonker by 061 507 5071.

Weekliks:

• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaak projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Ilze Willemse by 079 850 4791

• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at the Conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333.

Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za

Exit mobile version