Local newsSport

Berge loop oor Kempton Wolwe

Kempton het geen antwoord op die Berge se aanvalle gehad nie.

Heidelberg Rugbyklub het op 22 Junie teen die Kempton Wolwe in die Valke Rugby Unie se Merlin Liga gespeel.

Op die liga tabel is Berge tans vierde in die liga.

Berge se eerste span het oor Kempton geloop en die wedstryd maklik met 56 – 3 gewen.

Heidelberg het van meet af die pap dik aangemaak en gewys dat al hulle afrigting die moeite werd was.

Voor langs het Heidelberg op alle silinders gevuur, waar Berge die fondasie vir hulle sege bewerkstellig het.

Heidelberg gee die bal uit na ‘n skrum.

Heidelberg se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Franco Strydom (2), Armand Wessels (3), Duncan van Zyl (1), Alvin Jansen (1), Bongi Ntuli (1), Kevin Schutte (1) en Jeandré Goosen (1). Doelskoppe: Armand Wessels (2) en Bongi Ntuli (1).

Die spelers van die wedstryd was Kevin Schutte (agterspeler) en Jaco Els (voorspeler).

Heidelberg se tweede span het Kempton se tweede span na ‘n klipharde wedstryd met 15-8 geklop. Die halftyd telling was 10 – 3 in Heidelberg se guns.

Kempton Wolwe moes die heel middag verdedig.

Berge se tweede span se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Hendrik van der Merwe en Tami “Beast” Cindi. Strafdoel en Doelskop: Pimmie Pruis (een elk).

Die spelers van die wedstryd was Corneluis Pruis (agterspeler) en Marco Bezuidenhout (voorspeler).

Heidelberg speel die volgende twee weke in ‘n plaaslike derby teen hul bure, die Nigel Rugbyklub.

Op 29 Junie sal Heidelberg op die John Vorster Stadion teen Nigel kragte meet en die daaropvolgende week (6 Julie) speel die spanne weer op die Hoër Volkskool se velde.

Heidelberg se eerste span op die aanval teen Kempton Wolwe.

Related Articles

 
Back to top button