Local newsSport

Nigel draf Sasolburg kaf

Die eerste- en tweede spanne het koning gekraai.

Nigel Rugbyklub het op 15 Junie teen Sasolburg Kobras in die Valke Merlin Liga te staan gekom.

Die wedstryde waar die eerste asook tweede spanne in aksie was, is op die DP de Villiers Stadion in Sasolburg beslis.

Nigel se eerste span het Sasol Kobras met 54-28 kafgedraf.

Die halftyd telling was 35-14 in Nigel se guns.

Nigel se punte is aangeteken deur: drieë: Odwa Gcobo (1), Lwazi Jamani (1), Yaya Cobus (3), Steven Kok (1), Andile Shange (1) en Hendry van Biljon (1) en doelskoppe: Nico Colyn (7).

Nico Colyn maak reg om pale toe te skop.

Daar was ook een geelkaart in die wedstryd uitgedeel.

Nigel se tweede span het ook koning gekraai nadat hulle Sasolburg tweedes met 29-7 verslaan het.

Die halftyd telling was 19-7 in Nigel se guns gewees.

Nigel se tweedes se punte was aangeteken deur: drieë: Beast Nkosi (1); Fredon Ngubeni (1); Handerik Deyzel (1) en Jannie Hough (1), doelskoppe: Handerik Deyzel (3) en strafdoele: Handerik Deyzel (1).

Net soos die eerste span het die tweede span ook ‘n geel kaart in die wedstryd ontvang.

Nigel se volgende wedstryd is teen die Merlin Beker houers, Meyerton, op die John Vorster Stadion in Nigel. Die wedstryde vind op 22 Junie plaas.

Nigel se tweedespan hou ‘n spanpraatjie.

Related Articles

 
Back to top button