Local news

Kali is terug by Volkskool

Kali reg om sy diense te hervat.

Die Hoër Volkskool bus wat op 31 Januarie vanaf die skoolterrein gesteel was, is terug waar hy hoort.

‘n Wye soektog het gevolg na die bus gesteel was, waarna dit ontdek was in bosse naby Gembok en Tweefontein tussen Pretoria en KwaMhlanga.

Die bus is nou terug by Volkskool nadat al die ondersoeke asook nodige herstelwerk daaraan afgehandel is.
Die skool het ook die bus herdoop en dit heet nou Kali.

Dit beteken ‘boomerang’ en is ‘n gepaste huldeblyk aan die bus wat byna voete gekry het maar nou weer terug is by die skool.

Die naam Kali simboliseer nie net die terugkeer van die bus nie, maar ook die samehorigheid van die skoolgemeenskap.

Die skool se bestuur het ook hul opregte dank uitspreek aan die plaaslike polisie en al die gemeenskapslede wat gehelp het met die soektog na die bus.

Related Articles

 
Back to top button