Local news

Geliefde Heidelberger skielik oorlede

Sy was geliefd vir haar kunslesse en veggees vir natuur-en diere beskerming.

‘n Geliefde inwoner van die dorp, Hester van Rensburg is gisteraand (18 Junie) oorlede.

Hester, ‘n vrou van vele talente, was veral bekend vir die kunsklasse wat sy aangebied het.

Sy was ook ‘n voorstaander van reg en geregtigheid, veral as dit by natuur en diere-bewaring kom en was een van die voorvegters wat gehelp het om die vleiland in Stasiestraat, wat die habitat van die gewilde brulpaddas is, te red van ‘n industriële ontwikkeling.

Haar dogter Esté Gross het gesê dat familie en vriende nog die hartseer probeer verwerk en sal die gemeenskap op hoogte hou van begrafnisreëlings.

Die Heraut sal ‘n huldeblyk oor Hester, wat ‘n groot leemte in die dorp laat, plaas.

Related Articles

 
Back to top button