Paws4U besoek die Suikerbosoord

Die besoek was vir die afgetredenes ‘n welkome gesig.

Paws4U het die inwoners van die Suikerbosoord op 27 Mei besoek.

Die groep het twee honde, Zeus en Strepies saamgebring vir interaksie met die bejaarde inwoners.

Die bedlêende inwoners van Silwer Akker is ook nie oorgesien nie en het ook besoek van die vierpotige vriende ontvang.

Die besoek was vir die afgetredenes ‘n welkome gesig.

Een van die inwoners het aan Heraut gesê: “Ek het eens ‘n hondehotel besit en dit is baie spesiaal om weer tyd met die diere deur te bring.”

Jacky Le Roux met Strepies.
Wessel van Niekerk het tyd met Strepies spandeer.
Exit mobile version