Local news

Kameelfees sorg vir groot vermaak

"Die aanbieding van die kameelfees hierdie jaar is die begin van menigte feeste wat nog gaan volg,”

Die Laerskool AG Visser het op 24 en 25 Mei ‘n Kameelfees gehou soos nog nooit tevore nie.

Die Kameelfees, ten bate van fondsinsameling vir Laerskool AG Visser, is na nege jaar weer herleef.

Die organiseerders van iHeidelberg het saam met die skool sedert Oktober 2023 beplan aan ‘n fees wat beslis nie teleur gestel het nie.

Die fees het Vrydagoggend afgeskop met ‘n parade van kamele deur die dorp. Uitstallers en diensverskaffers het van vroeg Donderdag af begin regmaak om te sorg dat die feesperseel gereed is teen Vrydag wanneer die hekke om 15:00 oopgemaak het om besoekers te verwelkom.

Die wenners van ‘This Camel’s got talent’ op die verhoog saam met Pieter Koen (seremoniemeester) en Van Zyl Schultz (iHeidelberg en organiseerder). Die wenners was Luné Delahousse (11), Marnitz Rabie (9) was tweede en Ziané Heroldt (8) was derde.

Die Kameelfees is Vrydagmiddag amptelik geopen deur die hoofborg, Eskort, se koor.

Besoekers is deurentyd vermaak met verskeie aktiwiteite.

Daar was toue gestaan vir ‘n rit op ‘n kameel.

‘This Camel’s got talent’ was die talentkompetisie vir laer-en hoërskool kinders wat hulle talente kon wys en die top drie het weggestap met stewige kontantpryse.

Terwyl daar honderde stalletjies was om deur te snuffel, kon kinders baljaar in die pretpark of na opvoerings in die Vissie teater gaan kyk. Die ATKV het hul opvoering Dinosourusse kan nie lees nie na die fees gebring.

Jakkie Louw se poppekas het in die Vissie teater gesorg vir groot vermaak saam met Felias en Pokkel.

Melvin Tobias, streekbestuurder van ATKV takke in Gauteng en Limpopo het vertel dat die opvoering die belangrikheid van lees uitbeeld.

Jakkie Louw het ook ‘n draai in die Vissie teater gemaak met sy poppekas vertoning en saam met Felias en Pokkel het hy gesog vir skaterlag onder die kinders.

Pieter Koen saam met Van Zyl Schultz was die seremoniemeesters en het feesgangers ingelig gehou van die verwikkelinge.

Tydens die afgelope naweek se kameelfees is daar resies met die kamele gejaag. Daar was sewe uitdun wedrenne en en een finale wedren. Wenpryse was deur plaaslike besighede geborg. (Die kamele was goed versorg en geen diere was tydens die fees beseer nie).

Een van die hoogtepunte vir die leerders van Laerskool AG Visser was om te sien hoe hul gunsteling onderwysers onder ‘n graafmasjien staan en ‘n ‘koue stort’ kry.

Lootjies was verkoop tydens die aanloop tot die fees en die onderwysers vir wie die meeste lootjies gekoop was, moes onder ‘n plaaslike ontwikkelaar se graafmasjien staan terwyl yskoue water oor hul uitgestort is.

Terwyl die onderwysers gehardloop het om weer droë klere aan te trek, het die K9 groep van Pretoria ‘n vertoning van die unieke en intelligente Malinois gedoen.

Die kamele neem ‘n ruskans tussen ritte en wedrenne.

Vermaak van kunstenaars soos Armand Hofmeyr, Monique Steyn en Ricus Nel, die Vatvas dansorkers, Mel die storie verteller, Jakkie Louw en Irene-Louis Van Wyk het gesorg vir musiek vir elkeen se smaak.

Vir die wat wou keel natmaak was die biertent, net buite die skoolgronde gereed met yskoue verversings asook die strelende stem van plaaslike talent Giovanni Divito.

Uitstallers wat van so ver as Bloemfontein, Stella en Hartbeespoort in Noordwes afgekom het, was beïndruk met die uitstekende organisasie.

Daar is toue gestaan vir ‘n rit op ‘n kameel.

“Namens Laerskool AG Visser wil ons al ons borge bedank vir hulle bydrae, want sonder borge sou dit onmoontlik wees om die fees aan te bied,” het Selma Marx, skoolhoof van die Laerskool AG Visser gesê.

“Ons is dankbaar vir elke feesganger wat die fees besoek en ondersteun het.

“Aan al die uitstallers, ‘n spesiale dankie. Ons hoop om julle volgende jaar weer te sien.

Die talentkompetisie ‘This Camel’s got talent’ was beoordeel deur Selma Marx, Desire de Beer en Giovanni Divito.

“Die gemeenskap se ondersteuning beteken vir ons ongelooflik baie.

“Die aanbieding van die Kameelfees hierdie jaar is die begin van menige feeste wat nog gaan volg,” het Marx gesê.

Onderwysers van Laerskool AG Visser onder ‘n plaaslike ontwikkelaar se graafmasjien vir ‘n yskoue stort. Daar was lootjies verkoop onder die leerders van die skool en die onderwysers waarvoor die meeste lootjies verkoop was, het die voorreg gehad om die koue stort te beleef, alles ten bate van die skool se fondsinsameling.

Related Articles

 
Back to top button