Local newsSport

Heidelberg Muurbalklub se kampioene gekroon

Na afloop van wedstryde het die spelers ‘n gesellige braai geniet.

Die Heidelberg Muurbalklub se jaarlikse klubkampioenskappe het op 23 Mei plaasgevind.

Na die taai uitspeel wedstryde het Morné Botha en Billy Hall in die mans finaal teen mekaar gespeel.

Botha is as kampioen gekroon.

Nico Archer en die vroue kampioen, Lizelle Butchebner.

In die vroue afdeling het Lizelle Butchebner en Juané Nel sake in die finaal uitgespook. Butchebner het as kampioen van die baan gestap.

Na afloop van wedstryde het die spelers ‘n gesellige braai geniet.

Persone wat belang stel om muurbal te speel of by die klub aan te sluit kan die Heidelberg Muurbalklub se voorsitter, Nico Archer te kontak by 063 769 3989.

Nico Archer ern mans kampioen Morné Botha.

Related Articles

Back to top button