Local news

SAWV Eenheid Suikerbos besoek Masincedane

Die sorgsentrum kry geen befondsing en maak staat op skenkings en fondsinsamelings om die deure oop te hou.

SAWV Eenheid Suikerbos se bestuurslede het op 7 Mei besoek gebring aan die Masincedane Helpmekaar Klub.

Masincedane is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulp verleen aan persone tussen die ouderdom van 19-55 jaar, wat verstandelik of fisies gestremd is.

Sommige van Masincedane se doelstellings is:

• Om die lewenskwaliteit van sy lede te verbeter.

• Dat die lede voel hulle beteken iets in die samelewing.

• Om vir die lede vaardighede aan te leer sodat hulle in die gemeenskap kan funksioneer.

Daar is tans ongeveer 20 lede wat baat vind by die sorgsentrum.

Lydia Botha (SAWV Eenheid Suikerbos) en Andrea Gouws.

Daar word elke dag verskillende aktiwiteite aangepak om die lede besig te hou.

Dit sluit onder andere legkaart bou, inkleur, hande werk asook die aanleer van wiskunde in.

Eenheid Suikerbos het uitgereik na die lede en ook lekkernye voorsien tydens die besoek.

Eenheid Suikerbos se voorsitter, Frik van Niekerk het met groot opgewondenheid gepraat oor die gesindheid van elke lid by die sorgsentrum.

“Die mense is na aan my hart en ons wil die Heidelberg publiek bewus maak dat daar ‘n organisasie is wat uitstekende werk verrig en die lede laat voel hulle is nie uitgesluit nie maar werklik deel van die gemeenskap,” het van Niekerk gesê.

Frik van Niekerk, Allie du Preez en Ettienne du Preez.

“Wanneer ek hier aankom is daar altyd ‘n glimlag op die lede se gesigte te bespeur.”

Die sorgsentrum kry geen befondsing en maak staat op skenkings en fondsinsamelings om die deure oop te hou.
In die verlede het Masincedane deel van die perseel gehuur met die oog om dit permanent te bekom.

Danksy skenkings van verskillende oorde en fondsinsamelingsveldtogte kon die bestuur twee maande gelede daarin slaag om alleen eienaars van die perseel te word.

Wat wel nog benodig word is onder andere skryfbehoeftes, boeke, legkaarte (80 – 300 stuk) en opvoedkundige speelgoed.

Persone wat ‘n bydrae wil lewer of meer oor die Masincedale Helpmekaar Klub wil uitvind kan vir Christine Kruger by 083 468 3358 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button