Balfour Hengelaars vang goed

Balfour Hengelklub het op 4 en 5 Mei by Draaifontein, Vaaldam weer ‘n paar groottes uit die water getrek.

Altesaam 29 lede het deelgeneem en in totaal 394 visse gevang met ‘n totale gewig van 408.46kg.

Die wenners vir die dag was as volg:

Senior wenners:

Eerste: Lukas Stoltz 42 vis (92.809kg), tweede: Bennie Kriel 31 vis (69.620kg), derde: Pieter Swanepoel 33 vis (24.270kg).

Dames wenners:

Eerste: Ingrid Kriel 52 vis (14.665kg), tweede: Darell Roos 22 vis (10.478kg), derde: Sarita Stoltz 20 vis (12.430kg).

Junior wenners:

Eerste: Kallie Kriel 28 vis (10.588kg), tweede: Jayden Nolte 6 vis (7.486kg), derde: Zurika Nel sewe vis (2.643kg).
Die volgende kompetisie sal op 8 Junie by Die Van Driels, Vaaldam plaasvind.

Vir meer inligting kan Lukas Stolz gekontak word by 084 757 6058 of Bennie Kriel by 079 888 6052.

Darell Roos met ‘n karp wat sy uitgetrek het.
Exit mobile version