Local news

Nuwe demensie- en Alzheimer eenheid sien die lig

Die eenheid sal 17 pasiënte kan huisves en beoog om amptelik op 1 Junie hul deure oop te maak.

Liefde is die enigste herinnering wat mens nooit vergeet nie.

Dit was die boodskap op 24 April tydens die bekendstelling van Die Goue Akker, ‘n demensie- en Alzheimer sorgeenheid; ‘n nuwe uitbreiding van die Suikerbos Vereniging vir Bejaardes.

Plaaslike besigheidseienaars en lede van die gemeenskap was uitgenooi na die bekendstelling van dié afdeling waartydens verskeie sprekers ook gepraat het oor siektes.

Gerry Hotlzhausen, voorsitter van die Suikerbos Vereniging vir Bejaardes NGO het ‘n kort oorsig gegee van die oord, wat sy deure amptelik op 14 Oktober 1996 geopen het.

Hy het genoem dat die oord, veral na die Covid pandemie, soveel as drie navrae per week ontvang het vir demensie- en Alzheimer sorg.

Liefde is die enigste herhinnering wat mens nooit vergeet nie, het Jannie Kotze, bestuurder van Suikerbos Vereniging vir Bejaardes gesê tydens die bekendstelling van die Goue Akker, se demensie en Alzheimer eenheid wat op 1 Junie sy deure sal open.

Die beplanning vir die aparte sorgeenheid het reeds in 2020 begin.

Omdat versorging vir demensie- en Alzheimer pasiënte, spesifieke en intense opleiding behels, was daar die afgelope vier jaar hande gevat met ADASA (Association for Dementia and Alzheimer’s South Africa) en gesorg dat personeel die opleiding kry wat nodig is.

Welma Geldenhuys, maatskaplike werker van ADASA is meer as 20 jaar betrokke by die versorging van demensie en Alzheimer pasiënte en het tydens haar spreekbeurt genoem dat een uit 10 mense in Suid-Afrika met demensie gediagnoseer word.

Die Goue Akker demensie eenheid sal sy deure op 1 Junie ampetlik open.

“Alhoewel daar tot dusvêr geen bewyse is van genesing vir demensie nie, help medikasie wel om ‘n beter kwaliteit lewe vir ten minste nog drie tot vyf jaar te handhaaf,” het Geldenhuys genoem.

Sy het verduidelik dat pasiënte met dié siektes hul optrede gebruik om hulself uit te spreek aangesien toetse bewys het dat hulle slegs 7% woordelikse kommunikasie het, 38% van kommunikasie is deur hul gesigsuitdrukkings en 55% van hul kommunikasie is nie-verbaal en met lyftaal.

Sy het ook Jannie Kotze, Suikerbosoord se bestuurder bedank vir hul proaktiewe optrede om die sorgeenheid te skep.

Piet du Toit wie se vrou, Petro aan demensie afgesterf het, het sy ondervinding met die gaste kom deel en vertel dat die ergste vir hom was dat die vrou met wie hy 53 jaar lank getroud was hom nie kon onthou nie.

Piet du Toit wat persoonlike ondervinding met demensie het, aangesien sy vrou, Petro as gevolg van die siekte afgesterf het, het sy ondervinding met die gaste kom deel en vertel dat die ergste vir hom was dat die vrou met wie hy 53 jaar lank getroud was, hom nie kon onthou nie.

‘n Huis wat oorkant die Suikerbosoord is in Freemanlaan geleë is, is aangekoop en daar is vir die afgelope drie maande gebou en gebreek om die eiendom in die Goue Akker Demensie- en Alzheimer eenheid te omskep.

Dié eenheid sal 17 pasiënte kan huisves en die mikpunt is om amptelik op 1 Junie die deure oop te maak.
Demensie- en Alzheimersorg verg intensiewe aandag wat ‘n uitdaging is vir familie.

Die sentrum, met opgeleide personeel, sal ‘n aanwins wees vir Heidelberg en die gemeenskap.

Vir meer inligting oor die Goue Akker eenheid, kontak Jannie Kotze by 082 386 3244.

Plaaslike besigheidseienaars en lede van die gemeenskap was op 24 April uitgenooi na die bekendstelling van die afdeling waartydens verskeie sprekers gepraat het oor siektes.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button