Local news

Heidelberg is semi-finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar

Die publiek kan stem om daartoe by te dra dat die dorp ook in die finale rondte pronk.

Heidelberg is aangewys as ‘n semi-finalis in die KykNET program, Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie.

Die aankondiging van die semi-finalise vir Gauteng en Noord-Wes is op 28 April gemaak.

Die gemeenskap het die afgelope tyd ingespring en ‘n groot verskil gemaak.

Verskeie organisasie en die gemeenskap van Heidelberg het die afgelope ty hard gewerk om die dorp weer terug te bring na sy vorige glorie.

Die skoonmaak is nie net gemik op Heidelberg se middedorp nie maar het ook versprei na Rensburg, Shalimar Ridge, Berg en Dal, Ratanda en ook Bergsig.

Pienkie Ponkie kleuterskool se onderwysers het ook hul kan gebring.

Die groep wat die verskillende skoonmaak projekte en verfraaiing van die dorp dryf is Heidelberg Hope.
Die Gauteng en Noord-Wes semi-finaliste is Bronkhorstspruit, Meyerton en Heidelberg en die finaliste sal binnekort aangekondig word.

Sodra die finaliste gekies is sal elke dorp sy beurt tydgleuf op die program kry om te spog en kykers te oortuig om vir die wen dorp te stem.

Padmerke word oorgeverf.

Vir nou sal die gemeenskap moet saam staan om voor te bou op die goeie werk wat reeds vermag is.
Die publiek word ook versoek om hul stemme vir die dorp uit te bring.

Die SMS stem nommer is – HEIDELBERG na 33157.

Hannes Snyman van Skoon Heidelberg doen sy deel.

Om meer inligting te bekom skakel 066 492 1337 of stuur ‘n e-pos na info@heidelberghope.co.za

Een van die vele sypaadjies wat verfraai is.

Related Articles

Back to top button