Local news

VLU lede geniet “kleurvolle” vergadering

Marty Jerling het na die opening al die dames hartlik bedank vir hul bydrae en uitstekende vaardighede wat tydens die onlangse VLU konferensie beaam is.

Die Vroue Landbou Unie Rensburg-tak het op 16 April vergader en voortgebou op hul tema vir die jaar, Lewe in volle kleur.

Nie net was die vroue in helder kleure geklee nie, die tafels met kleurvolle ballonne het ook ingepas by die tema.
Petra Basson het die vergadering geopen met Psalm 23 en spesifiek gepraat oor die groen weivelde waarvan daar in dié Psalm verwys word.

Marty Jerling het na die opening al die lede en besoekers bedank vir hul bydrae en uitstekende vaardighede wat tydens die onlangse VLU konferensie beaam is.

Trofeë is oorhandig aan Anetha Hammond, Minette Roodt, Heilie van den Berg en Babsie Knoesen. Elmarie Eygelaar was ook tydens die konferensie aangewys as die beste skakelbeampte.

Die vroue kon balonne op die tafels en om die deur prik waar daar opbouende boodskappe in was of ‘n nommer vir ‘n spesiale geskenk.

Die spreker vir die dag was styl- en modekenner, Sandra Taljaard.

Sy het ‘n paar feite met die vroue gedeel oor hoe kleur die mens kan verkwik, dat kleur ‘n uitdrukking is van wie jy is en hoe kleur ‘n invloed op die menslike psige en geestesgesondheid het.

“Kleur is wat jy sien, maak nie saak waar jy kyk nie,” het Sandra gesê en verduidelik dat kleur uit die natuur kom.
Van die mooiste visse onder in die see tot voëls en die natuur is vol kleur. Kleur is ‘n teken van lewe.

“Die groen gras en lenteblomme kondig nuwe lewe aan,” het sy gesê.

Sandra het kortliks vir die vroue gewys hoe om hul klerekas op te helder met kleurvolle serpe of bloese en gesê dat naas jou lyftaal is die kleur wat jy dra ‘n nie-verbale taal.

Marty Jerling, voorsitter van die VLU Rensburg-tak saam met die spreker, die styl-en modekenner, Sandra Taljaard.

Die vroue kon van die kleurvolle ballonne op die tafels prik om ‘n opbouende boodskap of ‘n nommer vir ‘n spesiale geskenk daarin te kry.

Soos gewoonlik is die vergadering om ‘n tafel van tuisgebakte lekkernye afgesluit.

Die volgende vergadering sal op 14 Mei plaasvind by Joanie Geldenhuys se huis in Vaal Marina.

Vir meer inligting kan Marty Jerling by 082 465 9343 geskakel word.

Related Articles

Back to top button