Local news

Voortrekkers geniet kenteken naweek

Bewaar die erfenis vir die jeug.

Die Suikerbos Voortrekker Kommando het onlangs ‘n kenteken naweek vir Voortrekkers van verskeie kommando’s van omliggende areas gehad.

Voortrekkers van Vanderbijlpark, Vereeniging, Boksburg, Kempton Park, Johannesburg, Pretoria en Heidelberg was deel van die geleentheid. Die Voortrekkers moes gewerk het om kentekens te verdien.

Almal het oorgeslaap in die ou tronk in Jordaanstraat.

Voortrekkers by die bakoond in Heidelberg.

“Die groep het deur die loop van die naweek ook meer geleer oor plaaslike sowel as nasionale en internasionale gedenkwaardighede wat museums en gedenk standbeelde insluit.

Daar was verder besoeke aan die bakoond, Klipkerk, Laer Volkskool, die stadsaal, die ou stasie en die AG Visser huis.

Voortrekkers op een van die ou militêre voertuie by die ou tronk.

“Daar was ook ‘n nagtelike besoek aan die Kloof begraafplaas om die eerste inwoners van Heidelberg te besoek en beter te leer ken,” het Dawie de Villiers van Suikerbos Voortrekker Kommando, tong in die kies vertel.

Die Voortrekkers het by Salmon van As se teregstellingsmuur by die ou tronk meer oor sy geskiedenis geleer.

Die Voortrekkers was in ses spanne ingedeel om die besienswaardighede te besoek en leidrade op te volg vir blokkiesraaisels wat hulle moes voltooi.

Daar was ook take by elke monument wat uitgevoer moes word.

Dié groep moes leidrade vind en volg vir hulle kentekens.

Kundiges soos Willem J Pretorius en Frik van Niekerk (SAWV, Eenheid Suikerbos) asook Bouwe Wiersma van Heidelberg Heritage Museum was byderhand om die besoekers meer te vertel van Heidelberg se geskiedenis en die bewaring van die monumente.

Willem Pretorius was byderhand om die groep in te lig oor erfenis.

“Hopelik is daar met die naweek se aktiwiteite ‘n saadjie by die kinders geplant sodat hulle nuuskierig sal word oor geskiedenis en wat dit alles beteken,” het de Villiers gesê.

Hy het ook die MOTHS bedank vir die beskikbaarstelling van die ou tronk as slaapplek vir die groep.

Frik van Niekerk (SAWV, Eenheid Suikerbos voorsttter) saam met sommige van die Voortrekkers wat geleer het om kettie te skiet.
Frik van Niekerk (SAWV, Eenheid Suikerbos voorsttter) saam met sommige van die Voortrekkers wat geleer het om kettie te skiet.
Dawie de Villiers het die Voortrekkers meer oor gedenkwaardighede geleer.

Related Articles

Back to top button