Local newsSport

Nigel kraai koning teen ERU

Nigel Rugbyklub is deur na die Presidents beker semi-finaal.

Nigel Rugbyklub het op 13 April teen East Rand United in die Valke Presidentsliga op John Vorster Stadium gespeel.

Nigel se eerste span het 48-14 koning gekraai.

Nigel het ses drieë gedruk en ses vervyfskoppe en twee strafskoppe deur die pale gejaag.

Nigel se punte was aangeteken deur drieë: Reggie Thabethe, Henry van Biljon, Griag Pienaar (2), Andile Shange (2); doelskoppe: Nico Colyn (6) en strafdoele: Nico Colyn (2). Frikkie Jansen en Griag Pienaar was die spelers van die wedstryd.

Nico Colyn maak reg om pale toe te skop.

Nigel se tweede span het op ‘n drafstap met 45-0 gewen.

Nigel het 6 drieë gedruk en een strafdrie. Vier doelskoppe was suksesvol.

Nigel se tweede span se punte was aangeteken deur drieë: Zama Ndawo, Freedom Ngubeni, George Fritz, Jason Saul, Hendrik van Niewenhuizen, Steven Kok en ‘n strafdrie; en doelskoppe: George Fritz (2) en Handerik Deysel (2).

George Fritz was die speler van die wedstryd.

Nigel Rugbyklub se volgende wedstryd is op 20 April teen Vereeniging Rugbyklub in die semi-finale van die Presidentsliga.

Related Articles

Back to top button