Local news

Driemanskap deel van Heidelberg se ryk geskiedenis

Heidelberg was ddie ZAR se hoofstad in die 1800's gewees.

Driemanskap het heelwat geskiedkundige betekenis vir Heidelberg.

Dit het alles begin toe die Britse magte die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) onregmatig geannekseer het op 12 April 1877.

Driemanskap het sy ontstaan gehad deur drie prominente figure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Die ZAR se leiers het onsuksesvol probeer om die anneksasie vreedsaam op te los. Tydens ‘n volksvergadering op 13 Desember by Paardekraal was daar ‘n besluit geneem om die ZAR se regering in ere te herstel en drie leiers was aangestel.

Paul Kruger (visie-president), Martinus Pretorius (voorsitter van die Volks Komitee) en Piet Joubert (opperbevelvoerder).

Paul Kruger, die ZAR president.

Op 16 Desember 1880 het die Driemanskap te perd na Heidelberg gery en is die vierkleur voor die landdroshof in Heidelberg gehys. Heidelberg was vir tyd en wyl die hoofstad van die ZAR, vanaf 1880 tot 1883.

Die eerste Anglo Boere Oorlog het in 1880 tot 1881 gewoed.

Die drie leiers het in daardie stadium as die ZAR se leiers opgetree.

Na die konvensie in Pretoria het die ZAR weer hulle onafhanklikheid verkry.

Martinus Pretorius (voorsitter van die Volkskomitee).

Op 9 Mei 1883 het Paul Kruger die president van die ZAR geword.

Nie te lank daarna nie het die tweede Anglo Boere Oorlog uitgebreek.

Die Driemanskap monument is op 9 Oktober 1854 deur die destydse minister, Francois Christiaan Erasmus onthul. Erasmus was die Minister van Verdediging vanaf 1948-1959.

Hennie Pretorius was aangestel as die beeldhouer.

Francois Christiaan Erasmus.

In 1980 het PW Botha ‘n gedenksteen gelê om Heidelberg te onthou as hoofstad van die ZAR in 1880.

Een van die leiers, Piet Joubert het die klipkerk hoeksteen in Heidelberg in 1890 gelê. Die Driemanskap monument was voor die stadsaal van Heidelberg onthul.

Bron: Wikipedia

Piet Joubert (opperbevelvoerder).

Related Articles

 
Back to top button