Top uitslae vir karatekas

Sensei Bernard is al oor die 50 jaar betrokke in die sport van karate en beskik oor sy sesde Dan.

Die SAJKA karate dojo’s van Nigel en Heidelberg het benewens die klub se 50-jarige bestaan, die jaar op ‘n hoë noot afgeskop.

Devilliers Huisamen het die eer gekry om sy eerste Dan (swart gordel) by die nasionale gradering op 1 Maart te verwerf.

Op 7 Maart is Huisamen by sensei Bernard Raubenheimer se bestaande swart gordels ingelyf wat die totaal nou op 25 swart gordels bring.

Op 15 en 16 Maart het 79 lede van Raubenheimer se karate klubs aan die Gauteng Provinsiale Kampioenskappe en proewe by die Ellispark binnenshuise arena deelgeneem.

Blou belt studente wat aan die Gauteng Karatekampioenskappe deelgeneem het.

Die deelnemennde studente het 52 medaljes verower wat 17 goud, 16 silwer en 33 brons medaljes insluit.
Daar was oor die 1 600 inskrywings van 30 klubs in Gauteng.

Altesaam 71 lede van die Heidelberg en Nigel dojo’s het in die proses Gauteng Provinsiale kleure verwerf.

Die studente gaan op 18 en 19 Mei aan die Nasionale SAJKA Kampioenskappe deelneem. Dié kampioenskappe is een van die grootste karate kampioenskappe in die Suidelike halfrond en daar sal meer as 3 000 deelnemers wees van Suid-Afrika.

Die bruin, en swart gordel elite studente wat medaljes verower sal in die SA span opgeneem word om in Oktober in Japan aan die JKA Wêreld Kampioenskappe deel te neem.

Raubenheimer is al oor die 50 jaar betrokke in die sport van karate en beskik oor sy sesde Dan.

Raubenheimer het in 1988 as afrigter gekwalifiseer en is sedertdien intens betrokke by afrigting.

Hy het al oor die 200 studente gehelp op hulle swart gordels te verwerf.

Sommige van sensei Bernard Raubenheimer se karate studente wat aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem het.

Raubenheimer het self vanjaar aan die veterane afdeling by die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem en twee goue medaljes ingepalm.

Hy gaan nou ook aan die nasionale kampioenskappe deelneem en poog om die nasionale span te haal. Sy doelwit is om as deelnemer sowel as skeidsregter by die kampioenskappe in Japan op te tree.

Altesaam 31 nuwe lede het to dusvêr vanjaar by die klub aangesluit.

Heidelberg SAJKA Klub oefen Dinsdae en Donderdae by Hoër Volkskool in Heidelberg en Nigel studente kry hulle beurt op Maandae en Woensdae in saal van die Nigel NG Kerk.

Enigiemand van die ouderdom van vier jaar is welkom om aan te sluit.

Belangstellendes kan vir Raubenheimer by 083 489 8231 kontak.

Exit mobile version