Local news

Voortrekkers bring besoek aan Suikerbos Aftreeoord

Die doel van die besoek was om die inwoners spesiaal te laat voel.

Die Suikerbos Voortrekker Kommando het die tweede kwartaal afgeskop met hul jaarlikse Paas besoek aan die Suikerbos Aftreeoord.

‘n Opgewonde groep jong Voortrekkers het die oord op 8 April besoek met doel om die inwoners spesiaal te laat voel, en te verseker dat daar mense in die gemeenskap is wat omgee.

“Ons wil graag dat die inwoners spesiaal voel en weet dat ons aan hulle dink,” het Dawie de Villiers van Suikerbos Voortrekker Kommando gesê.

Dawie de Villiers die doel van die besoek verduidelik.

“Van die inwoners se familie woon nie naby nie en besoeke is dan baie selde,” het hy bygevoeg.

Nadat die Voortrekkers verwelkom is en die doel van hul besoek uitgestippel is, het hulle in groepe deur die oord beweeg om Paaseiers aan die inwoners oorhandig.

Persone wat meer inligting oor die Voortrekkers wil bekom kan Dawie de Villiers by 084 600-5765 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button